In alle Ernst
Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense.
Episodes

42 minutes ago
42 minutes ago
10 min
Die dae van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar is lankal verby, maar die politiek van verdagmakery het beslis nie verdwyn nie. Dit het bloot aangepas. Vandag is die nuwe narratiewe van verdagmakery die Afrikanergevaar- en die Oranje Gevaar-narratief.

Aug 11, 2026
Aug 11, 2026
51 min
Ek en Dr. Wikus Buys het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor die oorgangstydperk wat beide Suid-Afrika en Orania tans ervaar, die "Afrikanergevaar" en "Oranje Gevaar", aan wie behoort die toekoms, hoe Afrikaners ons lot in ons eie hande kan en mag neem, Afrikaner-identiteit, demografiese realiteite, en meer. Verskoon as my stem bietjie vreemd klink op tye, ons moes die klankkwaliteit deur middel van sagteware verbeter.

Jul 15, 2026
Jul 15, 2026
18 min
Baie skokkende statistieke word dikwels aangehaal in Suid-Afrika se kontroversiële en hoogs emosionele gronddebat wat te maklik as feite aanvaar word sonder behoorlike ondersoek. Dit is kommerwekkend dat hierdie statistieke gebruik word om radikale beleide soos onteiening sonder vergoeding te regverdig. Een van die mees aangehaalde bewerings is dat wit Suid-Afrikaners 72% van die land se grond besit. Lees ons volledige dokument hier en maak jou stem dik saam met AfriForum teen onteiening sonder vergoeding: https://onteiening.co.za/

Jun 24, 2026
Jun 24, 2026
9 min
Is die berugte "Kill the Boer"-dreunsang deur die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), Julius Malema, 'n letterlike oproep tot geweld, of "net 'n metafoor" soos sy verdedigers, insluitend president Cyril Ramaphosa, beweer? Ek het 'n groot hoeveelheid bewyse saamgestel om hierdie valse narratief te weerlê.
Verseker dat Julius Malema agter tralies beland. Besoek: https://www.artikels.afriforum.co.za/afriforum-ontbloot-julius-malema-se-ekstremisme-aan-die-wereld-en-eis-internasionale-gevolge/

Jun 3, 2026
Jun 3, 2026
4 min
Daar is onlangs 'n paar debatte rondom "die einde van normaal" vir Afrikaners. In hierdie episode tree ek egter in die bresse vir normaliteit in 'n abnormale land.

May 5, 2026
May 5, 2026
4 min
Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas in ons tyd na: Diegene wat kan, bou, en diegene wat nie kan bou nie, hernoem.

Apr 15, 2026
Apr 15, 2026
8 min
Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.

Feb 18, 2026
Feb 18, 2026
8 min
Ek bespreek hoe die vraag "Wie is ons?" gaan bepaal hoe die 21ste eeu gaan uitspeel in Suid-Afrika, vir die Afrikaners, asook in Amerika en Europa.

Feb 18, 2026
Feb 18, 2026
5 min
Vele lande is besig om teken te toon van "Suid-Afrikanisasie". Hoe lyk Suid-Afrikanisasie egter as beleidsraamwerk in praktyk? Ek bespreek.

Jan 29, 2026
Jan 29, 2026
17 min
Regdeur die geskiedenis het vele al gedink die Boere se storie is verby: ná die Groot Trek, Bloedrivier, die Vryheidsoorloë, die Groot Depressie, en veral toe ons in 1994 beheer oor die staat verloor. Elke keer was dit “die einde”. Die doemprofete bly egter verkeerd. Ons is steeds hier. Hierdie episode se inhoud is ‘n aangepaste weergawe van my 2025 Geloftedag feesrede by die Bapsfontein Geloftefees.







