In alle Ernst

Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense.

Episodes

Oct 14, 2026

4 min

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat die moontlikheid van ’n reeksmoordenaar in die Kempton Park-omgewing ondersoek, en die opruiende reaksie vanaf die algemene publiek en veral vroueregte-aktiviste, het weereens die bestaan van ’n ontstellende dubbele standaard blootgelê.

Oct 14, 2026

4 min

Oct 6, 2026

6 min

Die nuutste vlaag aanvalstukke teen AfriForum, Solidariteit en die Orania Beweging het ontplof in die "Oranje Gevaar"-alarmiste se gesigte. In hierdie video ontleed ek wat hulle misgekyk het.

Oct 6, 2026

6 min

Sep 8, 2026

6 min

Die Duitse sosioloog Max Weber het die staat gedefinieer as ‘n politieke instelling wat ‘n monopolie het op die wettige gebruik van fisiese geweld, om suksesvol wet en orde binne ‘n gegewe gebied te handhaaf. Hierdie fondasie van ‘n geordende samelewing toon ernstige krake in die Suid-Afrikaanse konteks, maar dit word gevul deur ‘n verskeidenheid nie-regeringselemente.

Sep 8, 2026

6 min

Aug 27, 2026

10 min

Die dae van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar is lankal verby, maar die politiek van verdagmakery het beslis nie verdwyn nie. Dit het bloot aangepas. Vandag is die nuwe narratiewe van verdagmakery die Afrikanergevaar- en die Oranje Gevaar-narratief.

Aug 27, 2026

10 min

Aug 11, 2026

51 min

Ek en Dr. Wikus Buys het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor die oorgangstydperk wat beide Suid-Afrika en Orania tans ervaar, die "Afrikanergevaar" en "Oranje Gevaar", aan wie behoort die toekoms, hoe Afrikaners ons lot in ons eie hande kan en mag neem, Afrikaner-identiteit, demografiese realiteite, en meer. Verskoon as my stem bietjie vreemd klink op tye, ons moes die klankkwaliteit deur middel van sagteware verbeter.

Aug 11, 2026

51 min

Jul 15, 2026

18 min

Baie skokkende statistieke word dikwels aangehaal in Suid-Afrika se kontroversiële en hoogs emosionele gronddebat wat te maklik as feite aanvaar word sonder behoorlike ondersoek. Dit is kommerwekkend dat hierdie statistieke gebruik word om radikale beleide soos onteiening sonder vergoeding te regverdig. Een van die mees aangehaalde bewerings is dat wit Suid-Afrikaners 72% van die land se grond besit. Lees ons volledige dokument hier en maak jou stem dik saam met AfriForum teen onteiening sonder vergoeding: https://onteiening.co.za/

Jul 15, 2026

18 min

Jun 24, 2026

9 min

Is die berugte "Kill the Boer"-dreunsang deur die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), Julius Malema, 'n letterlike oproep tot geweld, of "net 'n metafoor" soos sy verdedigers, insluitend president Cyril Ramaphosa, beweer? Ek het 'n groot hoeveelheid bewyse saamgestel om hierdie valse narratief te weerlê.
 
Verseker dat Julius Malema agter tralies beland. Besoek: https://www.artikels.afriforum.co.za/afriforum-ontbloot-julius-malema-se-ekstremisme-aan-die-wereld-en-eis-internasionale-gevolge/

Jun 24, 2026

9 min

Jun 3, 2026

4 min

Daar is onlangs 'n paar debatte rondom "die einde van normaal" vir Afrikaners. In hierdie episode tree ek egter in die bresse vir normaliteit in 'n abnormale land.

Jun 3, 2026

4 min

May 5, 2026

4 min

Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas in ons tyd na: Diegene wat kan, bou, en diegene wat nie kan bou nie, hernoem.

May 5, 2026

4 min

Apr 15, 2026

8 min

Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.

Apr 15, 2026

8 min

Copyright 2022 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125