In alle Ernst
Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense.
Episodes

Nov 22, 2024
Nov 22, 2024
48 min
Ek en Paul Maritz het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor Christenskap en eiendom, identiteit, grond, kultuur, en meer.

Nov 13, 2024
Nov 13, 2024
6 min
Ek bespreek hoe Afrikaners in die 21ste eeu al die post-1994 doemprofete, wat die einde van Afrikaner kultuur en Afrikaans voorspel het, verkeerd bewys het.

Sep 30, 2024
Sep 30, 2024
6 min
Ek bespreek AfriForum se onlangse steunwerwingstoer in die VSA, hoe die buiteland begin kennis neem van Suid-Afrika se krisisse, asook die herontdekking van die Afrikaners deur die Weste.

Sep 5, 2024
Sep 5, 2024
4 min
Ek bespreek die nuwe, positiewe internasionale reputasie wat Afrikaners duidelik aan die verkry is oorsee. “’n Boer maak ’n plan” het internasionaal gegaan.

Jun 21, 2024
Jun 21, 2024
16 min
Ek bespreek die kernvrae van kulturele voortbestaan wat antwoorde vereis.
Wie is ons?
Waar kom ons vandaan?
Waarheen is ons op pad?
Hierdie is ‘n verkorte weergawe van my 2023 feesrede by die Wilgefontein Geloftefees op die Greylingstad-Villierspad feesterrein.

May 20, 2024
May 20, 2024
43 min
Ek het 'n gesprek met professor Koos Malan oor sy meningstuk wat uiteensit hoe die Weste op alle fronte, veral aan sy periferie, onder beleg is.

May 10, 2024
May 10, 2024
1 hr 12 min
Ek gesels met Werner Human, die Operasionele Hoof van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud, storie, visie en missie van die Afrikaner Verklaring.

May 7, 2024
May 7, 2024
4 min
In hierdie episode verken ek die redes vir hoekom mense meer veelsydig oor oplossings moet dink en hoekom mens eenvoudige oplossings met 'n knippie sout moet neem.

Apr 24, 2024
Apr 24, 2024
6 min
Ek bespreek hoe Afrikaners weer organisasiebouers in die 21ste eeu geword het (post-1994) , na 'n periode van staatsbouers wees onder apartheid. N.P. van Wyk Louw se skrywes oor Afrikaner kulltuurorganiasies word ook ontleed.

Apr 17, 2024
Apr 17, 2024
7 min
In hierdie episode is die onderwerp die aanlyn laers wat 'n groot gros Afrikaners na gevlug het om die gruwels and frustrasies van 21ste eeu Suid-Afrika te ontsnap.







