In alle Ernst

Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser

Episodes

Tuesday Nov 15, 2022

Suid-Afrikanisering is ’n koers wat ’n land inslaan, wat ’n skadelike gevolg is van ’n bepaalde kombinasie van faktore eerder as van enige van hierdie faktore op sigself. Hierdie kwaal raak nie net Suid-Afrika nie maar het reeds, soos ’n vernietigende virus, ook na talle ontwikkelde lande versprei, veral in die Weste. Watter kombinasie van faktore is nodig om hierdie infeksie te diagnoseer? Ek verduidelik.

Thursday Oct 06, 2022

Ek gesels met Professor Koos Malan, Professor in Publiekreg by die Universiteit van Pretoria en die skrywer van There Is No Supreme Constitution.
On gesels oor die huidige politieke en grondwetlike orde in Suid-Afrika en waarnatoe dit op pad is.

Thursday Oct 06, 2022

Ek verduidelik hoe AfriForum en die Solidariteit Beweging die geheim ontdek het tot lewe onder en ná die ANC.

Thursday Oct 06, 2022

Ek bespreek die inhoud van die nuutste Die Wêreld Moet Weet verslag wat ek vir AfriForum geskryf het.
Die 2022-verslag poog om nuwe wetgewing, gevalle en beleide te dokumenteer wat met die vervolging van minderhede in Suid-Afrika verband hou en wat in werking gestel of voorgestel is, of plaasgevind het sedert die verskyning van die eerste verslag in 2020.

Thursday Oct 06, 2022

Ek gesels met Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud van sy boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur. Ons bespreek ook die pad vorentoe vir Afrikaners, hoe om oor oplossings te dink, federalisme en hoe om staatsbestand te wees.

Thursday Oct 06, 2022

Ek bespreek van die lesse en insigte wat ek gekry het deur my Suid-Afrikaanse kultuurrreeks op my Conscious Caracal kanaal.

Thursday Oct 06, 2022

In hierdie episode bespreek ek AfriForum se grenswag inisiatiewe wat onlangs die hele land aan die praat gekry het.

Thursday Oct 06, 2022

In hierdie episode bespreek ek waarom AfriForum se saak om die verbanning van die ou Suid-Afrikaanse vlag te appelleer noemenswaardig is, en waarom vryheid van uitdrukking so belangrik is.

Thursday Oct 06, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het hierdie week suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels ’n hersieningsaansoek op ’n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer.
Die hof het bykomend ook beveel dat die respondente die koste van die aansoek moet betaal. Volgens regter Neukircher verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en daar is geen rede waarom AfriForum hand in eie sak moet steek nie.

Thursday Oct 06, 2022

In hierdie episode bespreek ek hoe die verwerplikste aspek van die AfriForum vs EFF “Kill the Boer”-saak sekerlik baie dele van Julius Malema se ontstellende getuienis onder eed was, die reaksies van die media en lede van die Suid-Afrikaanse rubriekskrywersgarde ’n verbasend sterk tweede plek ingeneem het.

Copyright 2022 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125