Episodes

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode bespreek Ernst die maak van nuwe sondebokke in die Ramaphosa-era, en evalueer President Ramaphosa se rekord sedert hy aan bewind gekom het.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek bespreek krities en evalueer President Ramaphosa se onlangse bewering dat daar ‘n “persepsie” bestaan dat die ANC ‘n korrupte party is, maar dat dit nie waar is nie.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ernst bespreek hoe dit ‘n natuurlike reaksie is om op die verdediging te gaan wanneer jou gesin of gemeenskap bedreig word, maar dat meeste verdedigingstrategieë nie permanente oplossings is nie.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode bespreek ek die belangrikheid van om beginselvas te wees in stormagtige tye.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Die beleid van onteiening sonder vergoeding, wat in 2018 aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê is, het ’n vurige nasionale beleidsdebat ontketen wat in 2021 steeds in die middel van die nasie se politieke diskoers staan. In Suid-Afrika, en die Westerse wêreld in die algemeen, word die liberale demokratiese paradigma toenemend bevraagteken. Baie van hierdie uitdagings spruit uit ’n nuwe golf populisme, van sowel links as regs, wat momentum kry in die Weste en die globale Suide. Daarom het ek my meesterstesis geskryf oor die kwessie van herverdelende populisme, ’n vorm van linkse populisme, asook privaat eiendomsregte. In hierdie stuk bied ek ’n bondige oorsig van my bevindings. My tesis gaan oor die volgende vraag: Is herverdelende populisme ’n volhoubare langtermynroete na ekonomiese groei, die vermindering van armoede en ongelykheid, en demokratiese konsolidasie, of bied die beskerming en toepassing van eiendomsregte ’n beter alternatief om hierdie doelwitte te bereik? Om ’n antwoord te kry, het ek vier gevallestudies vergelyk: Venezuela en Zimbabwe, as voorbeelde van herverdelende populistiese regimes waar eiendomsregte wesenlik verminder is; en Uruguay en Botswana, as voorbeelde waar eiendomsregte beskerm en toegepas is.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode bespreek ek die onderwerp van emigreer uit Suid-Afrika, asook die planne vir die toekoms van diegene wat kies om te bly en te bou.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode gesels ek oor hoe ek reken die ANC die 2021 onluste en plundery gaan uitbuit om hul eie agenda te dien.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek bespreek AfriForum se deelname aan die Black Management Forum se paneelgesprek, hoekom Swart Ekonomiese Bemagtiging as beleid vernietigend en immoreel is, asook die lesse wat ek geleer het.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek gesels met my vriend Paul Maritz, die Bestuurder van Solidariteit Jeug en medeaanbieder van die Podlitiek podsending. Ons gesels oor hoe jou taal jou gemeenskap ryk maak en hoe taal kapitaal genereer.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor die belangrikheid van moedertaalonderrig, asook die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se appèl teen AfriForum se oorwinning met die saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by Unisa.