Episodes

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor AfriForum se oorwinning met die Hoogste Hof van Appèl saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Hügo verskyn weer op In alle Ernst om oor COVID-19 te gesels. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek gesels met Steve Hofmeyr oor die krisis waarin Suid-Afrika en Afrikaners hulself tans vind. Ons bespreek groepskuld, die verlede, hoekom protesliedere so kragtog is, en meer.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek gesels met André, anders bekend as Onrehabiliteerbare Afrikaner op Twitter, oor sy nuwe Afrikaanse digbundel, hoe skryf terapeuties kan wees, hoe die gewone persoon sy gemeenskap kan ondersteun en help gedurende die staat van inperking, en meer.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek gesels met Ruan Goosen, die aanbieder van die Goosenomics Podsending en Ekonomie Student (Meesters), oor wat die staat van inperking se invloed op die Suid-Afrkaanse ekonomie kan of gaan wees.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Die staat van inperking en grendelstaat in Suid-Afrika is onlangs met 'n verdere 2 weke verleng. Ek gesels met AfrForum se Hoof van Beleid en Aksie, Ernst Roets, oor AfriForum se standpunt rakende die verlenging, asook wat hy reken die gewone persoon kan doen om by te dra tot sy gemeenskap in hierdie tyd.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Die Solidariteit Beweging het 'n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig. Die noodfonds word onder meer ondersteun deur AfriForum, die vakbond Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en die FAK. Ek gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof by Solidariteit, oor die noodfonds, gemeenskapswaardes, en Afrikaners se geskiedenis van krisisbestuur.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In die eerste In alle Ernst onderhoud, gesels ek met Hügo Krüger, 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek beleidsverskille tussen Frankryk en Suid-Afrika, asook wat Hügo reken die beste beleids- en persoonlike benadering tot die virus beveg is.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Vir my as ’n jong Afrikaner in Suid-Afrika steek dit dwars in die krop om ’n sondebok vir ander te wees, wat gewillig geoffer mag word op die altaar van sosiale geregtigheid, met historiese groepskuld as verskoning.