Episodes

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Die wêreld is tans in rep en roer oor die Korona virus, of COVID-19, wat vinnig besig is om oral te versprei. Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds die virus ‘n globale pandemie verklaar en toilet papier word min soos mense paniekerig hulle spense volmaak en regmaak vir die ergste. Maar hoe ernstig is die virus rêrig? Watse gevare is werklik, en watter is slegs in ons verbeelding?

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Die ANC definieer sy agenda amptelik as die Nasionale Demokratiese Revolusie of NDR. Maar wat is die Nasionale Demokratiese Revolusie? En hoekom is hierdie konsep vandag meer relevant en insiggewend as ooit?

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Baie mense glo dat Suid-Afrika op ‘n glybaan na ‘n Zimbabwe scenerio is. Daar bestaan beslis ooreenkomste tussen die twee lande en hul regerende partye. Maar hoe akkuraat is hierdie vergelyking? In hierdie episode bespreek ek die 30 verskille tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, wat in Flip Buys se 2019 boek, Die Pad na Selfbestuur, uiteengesit word.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode bespreek ek hoekom vryheid van spraak jou belangrikste reg is, asook hoe dit vandag bedreig word. Hoë profiel figure wat die ontneming van 'n platform en sensorskap van diegene wat hulle nie meer saamstem nie ondersteun en toejuig word ook bespreek.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In die eerste episode van 2020 gesels ek oor wat 'n goederekultus is en die ooreenkomste tussen die ANC regering en sulke goederekultusse.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
Ek het hierdie jaar Andrew Breitbart se boek, Righteous Indignation, gelees en dit baie insiggewend en vermaaklik gevind. In hierdie episode word Breitbart se 13 reëls bespreek vir enige persoon wat die stryd betree teen die hoofstroom media en teen die heersende zeitgeist wat ver na links geruk het. “Ek hou van baklei vir dit waarin ek glo. En ek hou daarvan om pret te hê terwyl ek dit doen.”

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In episode 5 van In alle Ernst word die idees van leierskap, patriotisme en beginselvastheid ondersoek en bespreek. Suid-Afrika kort patriotte, maar wat beteken dit om een te wees?

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode gesels Ernst van Zyl oor die politieke terme "Links" en "Regs". Daar word dieper gedelf in wat hierdie terme beteken, die geskiedenis daarvan, asook voorbeelde van elk.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode gesels ek oor wat “alternatiewe media” is, asook die impak van die internet in die informasie era.

Thursday Oct 06, 2022
Thursday Oct 06, 2022
In hierdie episode bespreek ek wat die NGV (Nasionale Gesondheidsversekering) behels, asook die ANC se deurlopende omgekeerde Midas-aanraking wat die bestuur van staatsbeheerde ondernemings betref.